Sport

Toeskouers kan nie genoeg kry van studente rugby nie

Groot wedstryd vanaand in Potchefstroom kan bepaal wie is bo aan punteleer

Daar is nuwe lewe in die Varsitybeker!
Vanaand se kragmeting in Potchefstroom tussen Tukkies en die Noordwes NWU Arende op die Fanie du Toit Sportgronde is uitverkoop.

Tukkies se wedstryde op die LC de Villiers Stadion was ook die laaste paar weke deur reuse skares bygewoon.
Al word die wedstryd uitgesaai en reën veoorspel word, gaan die Pukke en Potch dorpenaars steeds in groot getalle opdaag.

Tukkies gee die pas aan

Die Eagles is tans tweede op die punteleer met 17 punte ná vier wedstryde, nadat hulle die afgelope Maandag vir Shimlas met 43-31 in Bloemfontein geklop het. Tukkies is die span wat vanjaar die toon aangee en sit op 20 punte in die eerste plek.

Vanaand se wedstryde

  • Die wedstryd tussen die NWU en Tukkies skop om 19:00 af.
  • Die wedstryde word om 16:45 deur Ikeys en Maties afgeskop. Die kragmeting word ook op televisie uitgesaai.
  • Universiteit Johannesburg pak Shimlas in Johannesburg om 19:00.
  • Die twee sukkelaars, FNB Emeris en FNB CUT, speel in Durban ook om 19:00.

Middelburgers Ben Janse van Vuuren en Christiaan Vlok speel vir Tukkies, Toy Engelbrecht vir UJ en Tjaart Joubert vir Maties.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button