Die SA Beker kompetisie is maar net twee weke aan die gang, maar dit lyk al klaar of dit afstuur op ’n tweeperdresies, die Pumas en Griekwas.
Die drie buiteperde is die Boland, SWD Arende en Vrystaat Cheetahs.
Vrydagaand kan ’n goeie aanduiding wees waarheen die punteleer op pad is, met die Pumas wat in Bloemfontein teen Frans Steyn se Vrystaters speel.
Na sy skoknederlaag in sy eerste wedstryd teen Boland, het die Vrystaat Vrydagaand maklik met die Luiperds in Pochefstroom afgereken.
Griekwas speel Saterdag
Die Oostelike Provinsie, Griffons, Luiperds, Grens Bulldogs en Valke, gaan andermaal leeukos wees.
Die kragmeting in Bloemfontein skop om 18:00 af.
Die Suzuki Griekwas speel Saterdag in Kimberley teen die Grens Bulldogs, die Griffons en Luiperds is slaags in Welkom, die Boland Kavaliers pak die Valke tuis en die Oostelike P:rovinsie speel ook tuis teen die SWD Arende.
- Boland het die Griffons die naweek met 56-23 geklop, Cheetahs was aan die wenkant op Oliënpark in Potchefstroom teen die Luiperds 64-7, die SWD Arende was met 22-57 baas teen die Bulldogs, Griekwas het met 52-15 teen die Valke gewen en die Airlink Pumas was net te sterk vir die Oostelike Provinsie met 47-10.
