Wingchicks pak vandag die derde skof van Cape Epic
Moordende bergfietswedren eis reeds sy tol onder deelnemers
Die tweede skof met moordende klimme is agter die Wingchicks, nou vir skof drie/
Middelburg se Sanet Griesel en Thiesa Janse van Rensburg het vandag die Cape Epic se tweede skof voltooi in 7:18:57.1.
Daar is agt skofte in die uitdagende bergfiets wedren.
Derde skof
Vandag se derde skof is ’n 140km met 1750m klim.
Die wegspring is op Montagu en die eindpunt by Greyton.
Dit is duidelik dat die bergpaaie reeds sy tol eis, met verskeie deelnemers wat reeds handdoek ingegooi het.
Eerste Suid-Afrikaanse span
Span Canyon is die voorste elite mans span met Luca Schwarzbauer en Sam Gaze in die eerste plek in ’n tyd van 3:54:55.0, gevolg deur Willier-Vittoroa se Luca Braidot en Simone Avondetto in 3:54:56.8.
Die eerste Suid-Afrikaanse span is Toyota Specialised Imbuko met Matthew Beers en Tristan Nortje derde met ’n tyd van 3:54:59
