Dit is alles om voor te speel in vanaand se Varsitybeker kragmetings.
Die uitslae gaan bepaal watter span eindig bo aan die punteleer.
Met ander woorde dit is reg of weg.
Enige van vier spanne kan nog bo aan die punteleer eindig, met die laaste groepwedstryde wat vanaand beslis word.
Op televisie gebeeldsend
Tukkies gee die pas aan op 26 punte, maar speel weg teen die Universiteit van Johannesburg op 21. Die oud Rooi Bul, Toy Engelbrecht, speel deesdae skitterende rugby op flank vir die Johannesburgers.
Die wedstryd skop om 16:45 af en word op televisie gebeeldsend.
Christiaan Vlok begin op binnesenter, maar Ben Janse van Vuuren, oud Middie en Tuks slot, is uit met ’n skouerbesering. Hy hoop om reg te wees vir die uitspeelwedstryde.
Een van die agterosse
Die NWU Arende, wat tweede op die punteleer is met 23, speel om 19:00 op die Fanie du Toit in Potchefstroom teen Ikeys. wat op 17 punte staan. Dit is ook ’n televisie wedstryd.
Maties (21) behoort volpunte teen een van die agterosse, CUT (4), te kry in Bloemfontein.
Nog ’n agteros, Emeris (8), pak Shimlas (16) in Durban om 19:00.
