Sport

Oorsee word daar gesoek na nog ’n stukkie Van der Merwe

Stonehouse se Pumafabriek lewer nog drie spelers vir internasionale mark

Pieter Smith sing
hoor die donner om die draai
vreesaanjaend soos ’n haai
dra geen helmet of ’n hoed
want sy mullet pas hom goed
silver buckle op sy belt
Bakkies Botha is sy held
vir sy brekfis drink hy bier
hyt ’n foto teen sy muur
hy vry na stukkie Van der Merwe…

Maar dit is nie net in Suid-Afrika waar daar na Van der Merwe gevry word nie.
Twee Van der Merwes het hulle merk gemaak oorsee en nou is daar nog een op pad.
Akker van der Merwe wat deesdae vir die Bulle speel, het vir Sale Sharks uitgedraf en sy boetie Duhan speel tans vir Edinburgh en Skotland se nasionale span.

Die Pumas het so op hulle Facebookblad van die drie spelers afskeid geneem.


Nou is die Puma flank, Ruwan van der Merwe, op pad na Franco Smith se Glasgow Warriors.
Van der Merwe is een van Puma afrigter, Jimmy Stonehouse, se rugbyfabriek produkte.
Daar is ’n ellelange lys van spelers wat hy afgerig het, wat later Springbokke geword het of vir Verenigde Rugby Kampioenskap spanne speel.

Daardie lys sluit in

Faf de Klerk, Vincent Koch, Rosco Speckman, Uzair Cassim, Corné Fourie, Shaun Venter, Tiaan Fourie, Pellow van der Westhuizen, Coenie Oosthuizen, Tinus de Beer, Eduan Swart, Le Roux Roets, Devon Williams, Sebastiaan de Klerk, Jeandré Rudolph, Diago Appolis, Stephan Coetzee en Willie Engelbrecht.

Die lys eindig nie daar nie.
Vanjaar se Puma kaptein, wat vanaf die Pukke tot een van die voorste voorrye deur Stonehouse ontwikkel is, Sampie Swiegers, gaan vir Harlequins speel.
Die slot, JJ Scheepers, het ’n kontrak onderteken om vir Akker se ou klub, Sale Sharks, uit te draf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button