Sport

Rooi Bulle en Middies kan mekaar vroeg reeds pak

NWU Pukreeks se semi-finale Saterdag hier aangebied

Dit is HTS Middelburg teen EG Jansen en Hoërskool Middelburg teen Ben Vorster.
Die NWU Pukreeks se halfeind wedstryde vind die naweek plaas, met duisende toeskouers wat op Middelburg gaan toesak.
Skole wat in aksie gaan wees is behalwe vir die Rooi Bulle, ook spanne van Waterkloof, Piet Retief, Nelspruit, Kempton Park en EG Jansen.

Saterdag se rugbyprogram.

Middies reis na Vanderbijlpark om by Hoërskool Transvalia se velde teen Tzaneen se Ben Vorster te speel.
Transvalia, Oos-Moot, Menlopark, Ben Vorster en Eldoraigne is hier in aksie.
Saterdag se uitspele by die A-, B- en C-velde van HTS Middelburg is eintlik ’n kleedrepetisie vir volgende jaar, wanneer die skool sy eeufees vier. Die eindstryd sal dan hier aangebied word.

Van die hokkie westryde vind reeds Vrydag plaas.

Daar word die afgelope tyd reeds erg gewoel om die terrein in top toestand te kry, voor besoekers verwelkom word.
Veral die ingang by Samora Machelstraat ondergaan ’n gedaanteverwisseling.

Die Rooi Bulle van Jano Venter en Christiaan Gouws se Middies speel albei uit vir posisie vyf tot agt.
Indien hulle die naweek wen, wag ’n vroeë ontmoeting tussen die twee.
Die HTS Middelburg eerstes skop Saterdag om 15:30 af teen EG Jansen.

Vrydag se hokkie uitspele program.
  • Daar is ook hokkie uitspele wat reeds Vrydag, 10 April, begin.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Check Also
Close
Back to top button