Plaaslike professionele gholfspeler, Ruan Krob, het sy goeie vorm van die laaste paar maande behou.
Hy het tydens die Zimbabawe Ope, wat in Harare gespeel is, weer in die top 10 geëindig.
Behalwe vir ’n tweede rondte van 73 het hy bestendige gholf gespeel vir ’n -10.
Op die eerste dag was sy setstokke witwarm vir ’n rondte van 68, daarna het die 73 gevolg en toe ’n 69 en 68.
Die toernooi het ’n prysgeld van R3,000,000 gehad.
Altin van der Merwe het met ’n -21 gewen met rondtes van 67 68 64 en 68 vir ’n totaal van 267.
Austin Bautista was tweede op -17.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
