Sport

Rooi Bulle sweet teen Klerksdorp

Middies nie verneder deur Waterkloof nie.

Die Virsekerbeker wedstryde wat vandag beslis is het finaal gewys dat Hoërskool Middelburg tuis hoort in die bekerafdeling.

Al het sy eerstespan met 52-26 verloor, is die span nie verneder nie, en het tot aan die einde geveg.

Wat egter verrassend is, is die ouderdomspanne se goeie uitslae.

Die skool het ses westryde teen een van die groot honde van Pretoria gewen, ses verloor en een was gelykop.

Foto: Verskaf.

Die sterk o/14 A-span het sy tweede nederlaag op die lyf geloop, nadat hy met ’n rekordtelling teen HTS Middelburg gewen het.

Dit was naelskraap teen Rustenburg en ook weer vandag teen Waterkloof, 19-20.

Die B-span het 24-12 gewen en die C-span 36-26 wat diepte by die o/14 spanne wys.

HTS Middelburg se eerstes het met 21-19 deurgeskraap teen Klerksdorp in die plaatafdeling van die Noordvaal Virsekerbeker kompetisie maar sy ouderdomspanne het gesukkel.

Dit moet kommerwekkend wees dat die o/14 A-span met 55-0 verloor het.

Die o/16 A-span het met 6-5 verloor en die o/15 A-span met 17-14.

In die bekerafdeling het Garsfontein se eerstes sy segetog voortgesit met ’n 52-20 oorwinning teen Menlopark, Monument klop Helpmekaar met 33-26 en die sukkelende Noordheuwel het Dr EG Jansen met 33-10 afgeransel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button