Sport

Pumas storm deur na Curriebeker-halfeindstryd

Die Pumas se indrukwekkende sege oor die Cheetahs gee Mpumalanga se rugbyondersteuners rede om dié keer voluit pienk te wees.

Die lyding is verby vir Blou Bul-ondersteuners.
Nog ’n jaar, nog groter skandes.

Ná die Bulle verlede jaar net twee wedstryde kon wen, het hulle vanjaar al hul wedstryde verloor. Vir ’n provinsie met so ’n trotse Curriebeker-geskiedenis is dit ’n klad op sy naam.

Oor die jare was dit altyd ’n groot besluit vir ondersteuners om te kies wie om te ondersteun wanneer Suidoos-Transvaal en Noord-Transvaal mekaar op die Johan van Riebeeck Stadion gepak het. Suidoos-ondersteuners was tradisioneel ook Noord-Transvaal-ondersteuners.

Die Gryses het egter in die Sport Pienaar-beker meegeding, terwyl die Bulle in die Curriebeker gespeel het – buiten die jare toe Suidoos-Transvaal ook vir Curriebeker-rugby gekwalifiseer het, of toe die stelsel dit toegelaat het.

Daar is net een span

Mpumalanga hoef nou nie te wonder wie hy vanjaar ondersteun nie. Daar is net een span – die een in pienk.

Die span van Jimmy Stonehouse het Saterdag kookwater-rugby teen die Vrystaat Cheetahs gespeel. Die Pumas het die Vrystaters met rotsvaste verdediging ontwrig en daarna met sjampanje-rugby toegeslaan.
Die Pumas se druk was só effektief dat selfs Faf de Klerk erg gesukkel het.

Die twee spanne pak mekaar nou die naweek in Bloemfontein in die Curriebeker-halfeindstryd.
Die span om te klop is egter Griekwas. Hulle speel in Kimberley teen die Leeus. Die verdedigende kampioene het Sondag verspot maklik met Boland afgereken en met 48-17 gewen.

Ander uitslae van die naweek is

  • Pumas 52 – Cheetahs 26
  • Haaie 53 – Blou Bulle 22
  • Leeus 36 – Stormers 12

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Tobie van den Bergh

Tobie started as a journalist in September 1975. He was appointed editor of the Middelburg Observer in 1982 where he worked until he retired in 2024. He received numerous awards, is a founding member of the Forum for Community Newspapers and has published two books about his work. Although retired, Tobie is still very much involved in community journalism.
Back to top button