Laerskool Middelburg-atlete verwelkom die somer
Koedoekoppe pronk op die rugbyveld, die hokkiebane en selfs met hulle goue stemme in skoolsale.

As jy saam met die groot honde wil blaf, moet jy soos die groot honde oefen.
Laerskool Middelburg het die afgelope jaar saam met die groot honde geblaf – en sommer gereeld ook gebyt.
Van kore tot rugby, atletiek en hokkie het die Koedoekoppe hul staal gewys.
Omdat die skool in die Superreeks teen sterk skole op die atletiekbaan meeding, het hulle vroeg reeds begin om hul atletiekspan gereed te kry.
Daarom is daar Maandag , 21 September, ’n somerkampioenskap aangebied, waartydens die atlete die winterkoue kon afskud.
Die kampioenskap bied ’n goeie aanduiding van watter Koedoekoppe die skool met trots op die land se atletiekbane gaan verteenwoordig.
Die fotogallery wys iets van Maandag se aksie.

















