Homes

Spogwoning in Kranspoort

Hierdie eiendom kan met trots as een van die netjiesste wonings en beslis met die mooiste uitsig oor die valleie in hierdie besondere woongebied digby Loskopdam, beskou word.

Vir die kieskeurige koper wat die natuur en buitelewe geniet, bied hierdie eiendom genoeg ruimte vir onthaal en ontspanning.

Dit bied hope potensiaal en bestaan uit die volgende:

Vier ruim slaapkamers, drie badkamers, vier leefareas met ingeboude braaiarea en jacuzzi, moderne ruim kombuis met opwas- en waskamer, swembad met groot lapa, waskamer en ’n gevestigde bosveldtuin.

krans_572994076

Kranspoortdorp is geleë in ’n wildsarea waar verskeie wildsoorte vrylik rondbeweeg en sekuriteit is een van die hoogste prioriteite en beide die inwoners asook die wild, se veiligheid word ten alle koste verseker en beskerm.

Die gewilde Kranspoort Gholfbaan wat as een van die beste 9-putjie gholfbane in die land gereken word, voeg verder waarde toe tot die investering in so ‘n eiendom.

Die prys van hierdie pragtige, luukse eiendom is R4,2m en slegs ernstige kopers word genooi om Gerhard van ABCO te bel om ’n afspraak vir besigtiging te reël by 082 807 466/ (013) 243 0200.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button