EntertainmentLifestyle

Moenie dansers “kop” toe vat nie

As voorloper tot die Hartland Landbouskou word die jaarlikse skaapkopaand op 1 Augustus by Pienaardam gehou, dié keer met ’n “twist” van “belly”-dansers!

’n Skaapkop is nie vir sussies nie, veral nie as jy ’n oningewyde op dié tradisionele kos se gebied is nie.

Daarom word daar vir die die meer versigtiges ook kerrie skaapafval, beesstertpotjie of halwe hoenders voorsien.

Vir kenners is skaapkop koningskos en hulle kan nie wag om hulle tande in so ’n kop in te slaan nie.

Hulle weet al immers hoe om hulle knipmesse vernuftig te hanteer om net die beste uit die kop te haal.

In die laaste maand van die Winter is ’n mens se sitvlak al deurgesit voor kaggelvure en plasmaskermtelevisies en jou lende smeek om uit jou staat van hibernasie terug te keer na ’n meer aktiewe lewensstyl.

Die skaapkopaand het daarvoor ook die antwoord, aangesien ’n behendige platedraaier die koel naglug gaan vul met opwindende dansmusiek, so reg in die boer met ’n rooivelskoen se kraal.

Tradisie is ’n goeie ding, maar te veel van ’n goeie ding is ook nie altyd goed nie.

Daarom is daar besluit om hierdie jaar ’n skaapkopaand met ‘n “twist” aan te bied.

Twee professionele “belly”-dansers sal sorg vir hope vermaak.

Bespreek nou reeds plekke by 013 282 7816 of bel Catrien by 079 882 5207 vir meer inligting.

Back to top button