EntertainmentLifestyle

Naggholf op Kranspoort

Die jaarlikse "Bush Challenge" word vanjaar weer aangebied op 8 en 9 Augustus deur Kranspoort Gholfklub.

Die Vrydagmiddag sal ‘n nege-putjie-kompetisie met ‘n tema waarin spelers, wat wil, soos ‘n bekende vrou kan aantrek.

Vrydagaand sal daar vir die eerste keer ‘n nege-putjie naggholf in ‘n “American scramble” formaat aangebied word. Gholfballetjies wat gloei in die nag sal te koop wees by die gholfklub. Die nodige veiligheidsmaatreĆ«ls is in plek gesit met die oog op die wild.

Op Saterdag, 9 Augustus, sal ‘n 18-putjie “IPS”-formaatkompetisie aan-gebied word. Daar sal ook ‘n aantal stalletjies met allerlei uitstallings wees en ‘n Junior mnr. en mej. Kranspoort sal gekies word.

‘n Veiling sal met die prysuitdeling gehou word ten bate van Hospice.

Vir besprekings en navrae bel Maggie Hibbert by 082 715 6029 of 078 800 4977. Besoek gerus die webwerf: www.kranspoortdorp.co.za vir meer inligting of epos jou navrae na: kranspoortgolf@gmail.com

Back to top button