EntertainmentLifestyle

Bergfietse ry na buitelewe skou

Bergfietsentoesiaste beplan Saterdag 16 Augustus 'n oefenrit na die Buitelewe Skou by De Voetpadkloof.

Die roete gaan uit op die Loskopdampad en draai regs op die Keerompad en vandaar op die Bankplaaspad.

Die totale afstand is in die omgewing van 58-65km, afhangend van die kortpaaie.

Daar is twee vertrektye, 07:00 en 08:00. Die groepe vertrek vanaf Go-Cycles by die Midwater Sentrum.

Die tweede groep is ideaal vir nuwelinge en rustiger ryers, en natuurlik dié wat bietjie later opstaan.

As jy in Dennesig of Kanonkop bly, kyk uit as die groep by Harry Gwalastraat verby kom om ongeveer 07:30 (groep een) en 08:30 (groep twee) en val vandaar af in saam met die groep.

Die gesinne gaan die dag saam by die skou deurbring en al die aktiwiteite en die warm swembad geniet.

• Bergfietsryers word genooi om elke Saterdag te gaan saamry vanaf Go-Cycles. In die Somer word daar vroeër gery en belangstellendes kan by Harry Scheepers van Go- Cycles navraag doen oor vertrektye vir ‘n spesifieke Saterdag.

Daar is ook in die week oefenritte.

Stuur jou e-pos adres aan Peet Kruger as jy weekliks die klubkommunikasie wil ontvang by kruger.peet@gmail.com.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button