EntertainmentLifestyle
Kompetisie: Leeuloper hier
Robbie Wessels tree eerskomende naweek, op 29 August, in die Middelburg Banketsaal op en kaartjies teen R120 per persoon is steeds beskikbaar.

Die deure open om 18:00 en die konsert begin stiptelik 19:00.
Daar sal ’n kontantkroeg beskikbaar wees, en ook verversings.
Kaartjies is te koop by Pro Video/Photo Express in Wonderpark sentrum langs Spar, by Raslo in die Mall en H20 in Midwater sentrum.
Vir meer inligting bel 082 851 2884. Kaartjies sal ook by die deure beskikbaar wees.
• Tien gelukkige lesers kan elk ’n kaartjie vir die vertoning wen deur die woord “Leeuloop” gevolg deur jou selnommer na 37940 te sms.
Die trekking sluit Vrydagoggend 29 Augustus om 10:00 en die wenners sal vroeg Vrydagoggend in kennis gestel word, so laat daai vingers werk!