Groen ruiters spring na glorie – agri

Anestashia Hamman, Jade Hancke, Leandré Buhr, Mariné Cloete en Sanmari de Jager van Hoërskool Middelburg het in die verskillende dissiplines op verskillende vlakke aan die vierde Kwalifiserende Mpumalanga SANESA perdeskou in Badplaas deelgeneem. Uitslae: • Anestashia Hamman (graad 10) behaal met Spartan 'n tweede plek in en is 10de geplaas in die kompetisie 70cm. Met …

Anestashia Hamman, Jade Hancke, Leandré Buhr, Mariné Cloete en Sanmari de Jager van Hoërskool Middelburg het in die verskillende dissiplines op verskillende vlakke aan die vierde Kwalifiserende Mpumalanga SANESA perdeskou in Badplaas deelgeneem.

Uitslae:

• Anestashia Hamman (graad 10) behaal met Spartan 'n tweede plek in en is 10de geplaas in die kompetisie 70cm. Met Bandit behaal sy 'n eerste plek en word sewende geplaas in 'n ander kategorie.

• Mariné Cloete (graad nege) neem met Belloosa Cosmic Moment deel in die 80cm Skouspringafdeling en eindig met 'n vyfde en sesde plek.

• Leandré Buhr (graad nege) en haar perd Ajan behaal drie derde plekke in die Vlak Sewe-vertoonklasse, 'n eerste plek in die 90cm Ruiterkuns en 'n vierde en sesde in die 90cm Skouspringafdeling.

• Jade Hancke (graad nege) behaal met Arra Iran twee derde plekke in Prelim Dresseerkuns, eerste plek, tweede plek en derde plek in die verskillende afdelings van die Vlak Drie Vertoonklasse. Met Nooi Nancy behaal sy in Beginner Dresseerkuns 'n eerste plek en 'n tweede plek. In die Vlak Sewe Vertoonklasse behaal sy twee eerste plekke en 'n vierde plek.

Met Carel Hancke Fly by Night word sy sesde en vyfde geplaas in die 90cm Skouspringklasse, en 'n tweede en derde plek volg in ander klasse.

• Sanmari de Jager (graad nege) neem met Candola deel aan Prelim Dresseerkuns en behaal 'n tweede en 'n vyfde plek. In Vlak 3 Vertoonklasse behaal sy 'n tweede en 'n derde plek.

Met haar eie perd, Equi-Feeds My Action Man, eindig sy in Beginner Dresseerkuns vyfde en sesde en in Equitation 80cm in die derde plek.

In die skouspringafdeling spring Sanmari en Action Man drie keer skoon rondtes en behaal 'n tweede plek in die Kompetisie 80cm. Hulle wen ook 'n kategorie oortuigend.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button