Wondershoek in musiekvideo
MidHartKlop en ASEMHAAL bied 'n musiekvideoprojek aan saam met die kunstenaar MarulaBoom as deel van 'n fondsinsameling- en bewusmakingsveldtog vir die Wondershoek Kinderhawe.

MarulaBoom en hierdie kinders span saam om een behoorlik aandag-trekkende video te maak wat beloof om mense se harte te steel.
Met hierdie projek kry die kinders ‘n eens in ‘n leeftyd geleentheid om deel te wees van ‘n gebeurtenis wat hulle die res van hul lewens sal onthou.
Die musiekvideo vertel die storie van MarulaBoom wat oppad is na die Wondershoek Kinderhawe om vir hulle ‘n vertoning te gee en deel te wees van hul konsertdag. Dit word oulik en effe komies aangebied. MarulaBoom reis te voet, op ‘n fiets, te perd, agter op ‘n donkiekar, in ‘n reeds oorvol taxi, in ‘n sportvoertuig saam met ‘n beeldskone dame en selfs op ‘n bus tot by die kinderhawe.
MarulaBoom kom by die kinderhawe aan agterop ‘n Harley Davidson saam met ‘n hele groep motorfietsryers en sing vir en saam met die opgewonde kinders.
MarulaBoom se reis na die kinderhawe verwys na hoe die lewe is. Soms “travel” jy in “style” en soms moet jy tevrede wees om self te loop, kaalvoet as dit moet, maar jy moet altyd die beste maak van elke kosbare oomblik en onthou wat jou einddoel is en dit in sig hou.
Die musiekvideo rig ook die kollig op elkeen van die kinders deur op ‘n “FBI”-styl ietsie oor elkeen te vertel.
Persone wat betrokke wil raak by die projek kan Carin bel by 072 106 5231 of stuur epos na [email protected] of Eugene by 079 080 6301 of [email protected]
