Update

Video: Hartseer nou ‘n wrok

"Ons hartseer het nou oorgekook tot woede, 'n wrok en haat. Wat die outjie vir julle vertel het oor Dewie is 'n blatante leuen, en ek kan dit bewys."

Rian van Jaarsveld, Dewald Jacobs se pa, het videomateriaal van die geveg voor sy kind selfmoord gepleeg het, aan die Middelburg Observer beskikbaar gestel.

Op die videomateriaal kan daar gesien word hoe Dewald Jacobs op die randsteen voor Engen se winkel sit nadat hy uit Burger Hut gegooi is toe hy en ‘n ander man oor ‘n meisie baklei het.

Vier jong mans, party met motorfietsbaadjies aan, kom uit die restaurant gestap. Die jong man wat met die koerant kom praat het is heel voor. Hy stap reguit na Dewald toe.

“Langs Dewie sit ‘n boemelaar wat hom gevra het vir ‘n sigaret. Ons kind staan nie eers op as hulle hom konfronteer nie.”

Die jong man slaan hom met die vuis in die gesig voor een van sy vriende oorvat. Die gryp hom aan die klere en gooi hom ‘n paar meter ver. Dewald bly sit daar waar hy land.

Op die video kan daar ook duidelik gesien word hoe die man wat Dewald eerste geslaan het buk en sy selfoon optel terwyl sy vriend met die aanranding voortgaan.

Die meisie wat die geveg begin het, staan en toekyk.

“Sy sê dat Dewie ‘n obsessie met haar gehad het. Hoekom het sy dan so baie by ons kom kuier en selfs oorgeslaap? Dit was sy wat daardie aand vir Dewie laat weet het sy is terug in die dorp,” sê mnr. Van Jaarsveld.

Die videomateriaal is aan ‘n regskenner gegee om te kyk of daar nie die moontlikheid is dat kriminele klagtes teen die jong mans gelê kan word nie.

Dewald se familie van Gauteng oorweeg ook siviele stappe.

Mnr. Van Jaarsveld meen dat die gebeure verband hou met Dewald se selfmoord.

“Hulle het hom verneder. Hy het niks terug gedoen nie. Hy het bly sit. En die meisie wat dit alles veroorsaak het staan en kyk. As hulle dinge anders hanteer het, sou Dewie nou nog gelewe het. Om dit alles te kroon besluit hulle toe om ‘n foto van hulle twee op BBM te sit. Hulle het gedink hulle gaan vir Dewie kwaad maak, en kyk wat het nou gebeur.”

•Daar is stappe begin om die opgeskorte vonnis van Freddie Kidson tersyde te stel. Kidson het vir Louis Groenewald doodgeslaan.

6 Comments

  1. Ek is Dewie se tannie….
    Dit skeer my hart om hierna te kyk. Sy laaste oomblike van sy lewe. Geboelie totdat selfmoord vir hom die enigste opsie was..
    Kan nie glo jong mense kan so wreed wees nie.
    Ek is altyd lief vir jou Dewie, en ons gaan jou so vreeslik baie mis.

  2. Ek sou smoor kwaad gewees het en onsettend hartseer gewees het as dit my seun was, daai ou op die bike wat hom so geslaan het, wie de he’ll dink hy is hy! Nee ek sou die saak nie hier gelos het nie! Ek sal graag daai ou wou vra of dit hom nou goed laat voel het wat hy aan daai seun gedoen het.

  3. Ek is Dewie se pa en glo my ek gaan nie rus voor reg en geregtigheid geskiet het nie, ja dit gaan nie my kind terug bring nie maar gaan dalk ‘n ander persoon se kind se lewe red.Die gebeure het my kind te ver gedryf en hom geknak.My kind was nog nooit ‘n baklei gat nie nooit het ek nodig gehad om skooltoe te gaan oor bakleiery nie so ek weet my kind was nie die baklei soort nie.Die mannetjies het liberty gevat van my kind.Mis jou my seun en sal altyd lief wees vir jou.

  4. Daai mannetjies wat met hulle cheap motorfietsies vir Dewie aangerand het die dorp is te klein vir julle ons gaan julle kry ek dink julle moet eerder by die huis bly

  5. Ek het simpatie aan al vier die ouers en ook Dewie se boeties en sussies en extended familie. Ek hoop ook dat hierdie gemors kinders en gemors dogtertjie tot verantwoording gebring word. Dit is pateties wat hulle gedoen het. Hulle gaan eendag normale lewens wil lei, maar ek hoop die feit dat hul ‘n jong seun tot sy dood gedryf het sal hulle vreet. Want jy kan nie geluk op ongeluk bou nie. Geen respek vir enige van hierdie kinders nie. Hul verdien wat hulle toekom.

  6. Ergste van alles is dat daar soveel ander mense in die omtrek is en NIEMAND doen iets om die bakleiery te stop nie…. waar gaan ons wereld heen?

Check Also
Close
 
Back to top button