EntertainmentLifestyle

Middelburg vir Jesusfees

Die jaarlikse Middelburg vir Jesusfees was dié naweek by die Kees Taljaard Stadion gehou en bekende sangers soos Willie Joubert, Vierkruis en Dewald Gouws, sal deel van die program uitmaak.

Die program verloop as volg:

Vrydag:

15:00 Talentaand saam met Vierkruis.

Saterdag:

Hekke open al om 09:00 en Vierkruis en plaaslike sangers sal regdeur die dag optree.

Die Auto Carb motorskou sal veral die manne se aandag trek.

Die Middelburg Honde-eenheid hou om 15:00 ‘n vertoning.

18:00 Dewald Gouws optrede.

19:00 Willie en Natasha Joubert optrede.

Ander feesaktiwiteite sluit in: helikopterritte, ‘n speelpark, waterballe, verfbal (Paintball), ‘n kunsuitstalling en ‘n verskeidenheid kos- en ander stalletjies.

Toegang is R30 vir volwassenes en R20 vir kinders. Kleingoed onder ses jaar kan gratis ingaan.

Vir enige navrae, bel Neels Kok by 071 603 4765.

Back to top button