Vroue en porno op foon

Op 'n vrouejagter se selfoon is hordes foto's van plaaslike vroue en pornografie gekry.

Nadat ‘n man sy vrou in die kamer betrap het saam met ‘n bekende kontrakteur van Middelburg, het die kontrakteur homself uit die voete gemaak en al sy persoonlike besittings, waaronder sy selfoon, net so in die kamer agtergelaat.

Die man was gewalg met wat hy op die verleier se foon gekry het. So hier en daar was daar foto’s van homself en sy gesin en ook vriende.

Daar was egter ook pornografiese videos en foto’s – tientalle foto’s van bekende vroue in Middelburg wat die Observer onder oë gehad het. Hy glo van hulle is vriendinne, “maar ‘n mens neem nie jou suster of tannie se borste af nie!”

Van die foto’s is na alle waarskynlikheid van Facebook afgelaai, maar dit kan ook profielfoto’s van WhatsApp en BBM wees.

Hy glo dat van die vroue op die foto’s moontlik ook al van die man se slagoffers was.

“Ek onthou hoe hy vir my vrou na die gebeure telefonies gesê het dat hy nou ingehok is en dat sy vrou hom uitgeskel het omdat dit al die hoeveelste keer was wat hy uitgevang is. Mans, maak oop julle oë, sy volgende slagoffer kan dalk jou vrou wees!”

Back to top button