EntertainmentLifestyle

Gaan dans op City Swing

Koop nou al jou kaartjies vir die CMR se Valentynsbal aanstaande jaar!

Dié swierige bal word op 13 Februarie by Riverside Estate aangebied en beloop R500 per persoon of R5 000 per tafel. Die plan is om 30 tafels beskikbaar te stel.

CMR Middelburg maak staat op die gemeenskap om hulle te ondersteun met hierdie fondsinsameling vir noodsaaklike projekte.

‘n Driegang maaltyd sal bedien word en van die gaste sal met verskeie pryse verras word. ‘n Veilig van items met ‘n romantiese tema sal ook gehou word.

Van die pryse wat gewen kan word, sluit in:

• ‘n Geskenkbewys vir twee persone wat deel om te oornag by die asemrowende Ivory Tree Game Lodge in Pilanesberg! ‘n Oggend en aand wildsrit en maaltye is ingesluit.

• ‘n Week se gratis verblyf by Sanlameer by die Suidkus.

• “Lovers Rock Couples Treatment” by Alveston Manor Spa.

• ‘n Romantiese ete vir twee by The Green Apple.

Dansmusiek sal verskaf word deur die bekende agtstuk dansorkes: “The City Swing Band”. Beleef ‘n stukkie van die orkes op hul webblad: www.cityswingfeverbigband.co.za

Vir enige navrae en besprekings, bel Janet of Hannami 013 282 7261.

Back to top button