EntertainmentLifestyle

Manna vir Kersfees

Die Mannaprojek het 100 groot kartonne voedsel, asook ’n groot hoeveelheid nie bederfbare voedsel tussen die CMR en SAVF verdeel vir verspreiding aan behoeftige gesinne oor die feesseisoen.

Mnr. Anthony Lebona en personeel van Shoprite was baie behulpsaam en alles het seepglad verloop met die pakkery.

Die voorraad is by die NG Kerk, Suid, afgelaai waar die “pakkers” gereed gestaan het. Die pakkers was Dawn van Baalen (Manna), Sarie Vermaak (SAVF), Magda Wood (Manna), Mientjie du Preez (Manna), Marietjie Botha (Manna), Miemie Meyer (Manna), Rina Steyn (helper), Linette du Preez (CMR) en ses opgewonde helpertjies.

Entoesiasme het geseëvier en die pakkery is opgewonde aangepak. Die seer voete en rûe is sommer heeltemal geïgnoreer.

• “’n Groot dankie aan ons Middelburgers wat hierdie uitreikprojek vir Kersfees 2014 moontlik gemaak het met hul ruim skenkings. Spesiale dank aan die vrywilligers wat hul tyd opoffer om voor besighede te sit om fondse in te samel! Die bestuur kan nie genoeg dankie sê vir hierdie besondere persone nie!”

Back to top button