EntertainmentLifestyle

Interskole 4×4 uitdaag

'n Interskole 4x4 uitdaag word op 31 Januarie by die Mooifontein plaas (langs Olifantsrivier Lodge) aangebied.

Inskrywings vir hierdie 4×4 pretdag beloop slegs R350 per voertuig en ondersteuners hoef geen ingangsfooie te betaal nie.

Daar sal verskeie kos- en koeldrankstalletjies beskikbaar wees.

Die program verloop as volg:

07:00 Aankoms, inskrywings en registrasie by Maranata 4×4, Walter Sisulu Straat 5.

08:30-16:00 4×4 Pret en avontuurprogram, waarna die prysuitdeling sal volg.

Groot pryse is op die spel, waaronder ‘n stel Achilles 16 duim bande as een van die eerste pryse is.

Vir enige navrae, bel Celéste of Okkie van Wyk (organiseerders) by 013 243 2642 of 083 638 0379.

• Dié fondsinsamelingsprojek is ten bate van Hoërskool Middelburg se o/15- en o/16 rugbyspanne.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button