EntertainmentLifestyle
Blougat nuuskas in ander klas
Na twee weke se harde oefening en laat aande vir die graad agt-talentkonsert, het die Blougatte bewys dat hulle nou volwaardige Rooies is!
Die Nuuskas-voorbereiding was beslis ook “geraaskaspret”, propvol nuushooftrekke deur ene Riaan Volkswagen, danskompetisies en stoepsake deur die ‘ouergarde’.
Aan humor was daar geen tekort nie en pittige kwinkslae het menige toeskouer laat kraai van die lag!
Die Blougat-Nuuskas was nie net ‘n ‘TV-vertoning’ op die verhoog nie, maar ook ‘n waardevolle leerskool vir elke graad agt wat eerstehands ervaar het dat die sukses van die groep bepaal word deur elkeen se bydrae.
Daar is géén twyfel dat vanjaar se graad agt-talentaand ‘n reuse sukses is nie.




