EntertainmentLifestyle
Nico Moolman skrywer van die jaar
Nico Moolman is deur Mpumalanga VLU aangewys as hul skrywer van die jaar.
Hy besoek Middelburg op uitnodiging van die Leeukliptak en sal as gasspreker optree by die viering van hul 65ste verjaardag.
Die funksie sluit ‘n driegang maal in en word gehou in die saal by Voorspoedkoshuis van Hoërskool Middelburg op 18 Februarie, om 11:00.
Moolman het al verskeie publikasies die lig laat sien, maar dit is veral sy boek “The Boer Whore” wat opslae gemaak het. Dié boek is in Afrikaans herskryf deur Francois Smith en is tans beskikbaar as “Kamphoer”.
Daar sal boeke te koop aangebied word.
Belangstellendes is welkom om die funksie by te woon, maar kaartjies is beperk. Kaartjies beloop R150 en is beskikbaar by Lecia Steele
082 905 1237 of Yolette Wentzel 082 787 8271.
