EntertainmentLifestyle
Raps vir R100
Die plaaslike Rotariër, Sam Weller, saam met WTH Management & Training, nooi almal om op 27 Maart na die gewilde Jonathan van Radio Raps se Life 101, uitvoering te gaan kyk.

Tafels vir 10 kan bespreek word teen R1000, en individuele sitplekke teen R100 elk.
‘n Ligte ete word teen R50 per kop bedien, en ‘n kontantkroeg is ook beskikbaar.
Die verrigtinge skop om 18:30 by Riverside Landgoed af.
Kaartjies is reeds beskikbaar by Raslo in die Mall en by H2O by Midwater sentrum.
Navrae kan gerig word aan Hendrik by 079 872 7966 of Sam by 082 851 2884.
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.