Opvolg: (Video) Wys bebloede dokter
Dramatiese nuwe getuienis van ’n dokter se liefdes en beskuldigings dat hy die derde party is in mislukte huwelike, het die afgelope week aan die lig gekom.

Daleen Naude het met dr Alan Kok, Middelburgse pediater, en die getroude vrou waarmee hy ’n verhouding gehad het, onderhoude gevoer.
Dr. Kok is drie weke gelede deur een van die vroue se mans so erg met ’n mes gesteek, dat hy in die intensiewe sorgeenheid van die Life Midmed Hospitaal behandel moes word.
Die dokter praat ook oor sy aggressie, ’n onderonsie by ’n gimnasium en waarom hy voorheen gearresteer is.
Die meegaande video wys hoe dr Kok opgedaag het by ’n huis en die man wat hom met die mes gesteek het by ’n motorhuis indwing.
Hy loop later bebloed van die toneel af en word met ’n bakkie weggeneem.
• Lees Vrydag in die Middelburg Observer meer oor al hierdie onthullings.
Lees ook vorige berigte hier:
Dokter het al met gereg gebots
