Toustaan vir 50 Shades of Grey
En daar word dit weer bewys: "Sex sells"! Duisende mense het oor die loop van die naweek vir 50 Shades of Grey by Movies@ The Ridge opgedaag om na dié eksotiese rolprent te gaan kyk.
Twee lokale is uitgeboek vir die rolprent se voorskou en twee onderskeie 15 minute lange voorskoue is Donderdagaand gehou, voordat die rolprent Vrydag amptelik landwyd vrygestel is.
Volgens Alta Kotze, bestuurder van Movies@ The Ridge, het 448 mense vir Donderdag se voorskoue opgedaag en het daar van Vrydag tot Sondag altesaam 3283 mense kaartjies gekoop.
“Daar was Donderdag net 16 sitplekke oop gewees. Dit was ‘n wow faktor.”
Die tou was vanaf die kassier tot by Magic Company se Ten Pin Bowling baan lank. En hy was oor die naweek ook nie veel korter nie. Volgens me. Kotze was daar gemengde gevoelens en kommentaar oor die rolprent.
“Diegene wat die boek gelees het verstaan die rolprent beter, so dit het ‘n uitwerking op die kommentaar wat na die tyd gelewer is en smaak verskil.”
