Gru-ongeluk eis vier

Vier mense is dood en een beseer tydens 'n grusame ongeluk op die N4 hoofweg, ongeveer vyf kilometer vanaf Alzu.

‘n Ford Bantam bakkie was op pad in die rigting van Middelburg gevolg deur ‘n Toyota Land Cruiser. ‘n Toyota Corolla was op sy beurt in die rigting van Belfast op pad, gevolg deur ‘n Nissan Micra voertuig.

Die Land Cruiser en Ford Bantambakkie het teen mekaar tot stilstand gekom.
Die Land Cruiser en Ford Bantambakkie het teen mekaar tot stilstand gekom.

Volgens die woordvoerder van die Belfast Polisie, konstabel Casey McDonald, het die bestuurder van die Land Cruiser beheer verloor en ‘n kettingbotsing met die drie ander voertuie het gevolg. Drie insittendes van die Corolla en een insittende van die Land Cruiser is op die toneel dood.

Mnr. Alberto dos Santos, wat ook in die Land Cruiser was, is met ‘n gebreekte linkerarm en regterhand na die Middelburgse Provinsiale Hospitaal geneem. Die oorledenes se name is teen druktyd steeds nie bekend gemaak nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button