EntertainmentLifestyle

Wedloop vir lewe

Die jaarlikse Kansa Relay for Life word dié naweek op die sportvelde van Steelcrest High School aangebied.

Die wedloop begin Saterdag om 18:00 en spanne sal deurlopend om die baan beweeg tot 06:00. Die wedloop is in herinnering aan dié wat die stryd teen kanker verloor het, asook dié wat steeds teen die groot “K” veg en persone wat die siekte oorwin het.

Verskeie kankerpasiënte en hul families sal deel van die wedloop uitmaak.

Jacques Bekker is die voorsitter van die RFL-projek en het gesê dat hy en sy komitee al maande besig is met fondsinsamelingsprojekte om hierdie geleentheid spesiaal te maak.

Al die sangers, plaaslik en nasionaal, tree verniet op om hul ondersteuning aan die projek te wys.

Van die sangers wat sal optree, sluit in: Mac Young, Colè Vandais, Jannie Neetling, Carla en Anè Els (Middelburg talent), Robaldo Greef (Middelburg talent), Armand en ons dorp se eie blinde sanger, Vernon B!

Verseker ‘n aand om na uit te sien!

Vir navrae bel Jacques by 083 627 2988 of Chantal Bekker (ondervoorsitter, Kansa RFL) by 083 643 9077.

• Daar word om 16:30 ‘n spesiale aandete gehou vir kanker oorwinnaars en versorgers. Spanne moet ook onthou dat hulle die Luminaria kersie voor 19:00 moet gaan afhaal.

• Die mej. en mev. Kansa RFL kroning sal plaasvind tussen 21:00-22:00.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button