(Grafiese foto’s) Nuusflits: Twee renosters afgemaai

Die eienaars van uBhetyan-o-Africa Wildsplaas het vanoggend die skokontdekking gedoen dat twee van hul renosters, ’n dragtige koei en haar twee jaar oue kalf, vir hul horings en sterte afgemaai is en dat hul renosterbul ook in die kop geskiet is.

’n Emosionele me. Susan Cornelius het gesê dat hulle die diere al van Sondag af gesoek het. “Saterdag het die bul haar nog rondgejaag en Sondag was sy en die kalf weg.”

Hulle kon nie die diere opspoor nie en het Dinsdagoggend ’n mikroligte vliegtuig laat kom om die plaas te fynkam. Die diere se karkasse is agter die hiënahokke opgespoor.

rhino3_1504151010

Kort daarna is die gewonde bul ook opgemerk. Daar is besluit dat die dier met ’n verdoofpyl vanmiddag aan die slaap gemaak sou word, waarna die skietwond behandel en die bul ook sommer onthoring sou word.

Volgens me. Cornelius het die koei sowat twee jaar gelede ’n besering opgedoen, wat haar horing laat afval het. Die stropers het egter die stukkie wat dit gegroei het uitgekap. Die twee jaar oue kalf se horing en albei diere se sterte is ook afgekap.

rhino2_1504151003

Sy het hartseer gesê dat die koei nege maande dragtig was en in Oktober sou kalf.

Sy het gemeld dat daar reeds spore gevind is.

rhino4_1504151016

“Daar moet ’n manier gevind word om die stropers te kry!” het sy kwaad uitgeroep.

• Enige persoon met inligting, kan mnr. Cornelius bel by 083 379 5719 of me. Cornelius by 082 921 3995.

rhino5_1504151022

(Opvolg) Video: Renosters het nog geleef!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Back to top button