EntertainmentLifestyle

Heuwels Fantasties konsert afgestel

Die Heuwels Fantasties konsert wat Woensdag, 25 Maart, in die Banketsaal gehou sou word, is gekanselleer weens 'n gebrek aan belangstelling.

Die rede hiervoor is waarskynlik omdat dié konsert, wat die CVO Skool gereël het, ‘n dag voor die jaarlikse Kosmos Kunstefees, gehou sou word.

Tydens die Kosmos Kunstefees, wat vanaf Donderdag, 25 Maart tot Saterdag, 28 Maart, gehou word, kan belangstellendes meer as net een gaskunstenaar gaan kyk vir minder of dieselfde prys.

Diegene wat Saterdag se skou gaan bywoon betaal R100 vir ‘n kaartjie en kan soveel as vyf bekende kunstenaars, waaronder Ollie die Nar, Dewald Steyn en Ray Dylan, op die verhoog sien.

Heuwels Fantasties se vertoning se kaartjies het ook R100 per persoon beloop, dan is dit slegs vir een orkes.

Dit is ook nie die eerste keer wat konserte gekanselleer word as gevolg van ‘n gebrek aan belangstelling nie. Kunstenaars waaronder die alombekende Elvis Blue se vertoning is ook al in die verlede weens ‘n gebrek aan belangstelling afgestel.

Tydens Bobby van Jaarsveld se vertoning Vrydag in Hoërskool Kononkop se skoolsaal is die kaartjies by die deur van R90 na R50 verminder. Die rede hiervoor, volgens een van organiseerders, Anette Salzwedel, was om die saal vol te maak. Nagenoeg 250 kaartjies is verkoop.

Program vir Donderdag, 26 Maart: 11:00 – Hekke, mallemeule en biertuin open,17:30 – Janie, 18:30 – Chrizaane, 19:30 Andreas en 20:30 – Lianie May.

Vrydag, 27 Maart: 11:00 – Hekke, mallemeule en biertuin open,17:00 – Dantè,18:00 – Chrizaane, 19:30 – Andreas 20:00 – Janie en 21:00 – Adam Tas.

Saterdag: 9:00 – hekke open, 10:00 – babakompetisie, 11:00 mallemeule en biertuin open, 12:00 – Mej. Skou uitdunne, 14:00 – Dantè, 14:30 – Andreas, 15:00, Chrizaane, 15:30 – Janie, 16:00 -Mej. Kosmos kroning, 17:00 – Olie die Nar, 18:00 – Dewald Steyn, 19:00 – Armand Hofmeyr, 20:00 – DJ Ossewa en 21:00 – Ray Dylan.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button