Kruise vertel boodskap

Oral in tuine, voor kerke en besighede pryk daar pragtige wit kruise wat die "God is"-projek en boodskap van Paasfees vertel.

‘n Egpaar (wat nie hul name bekend gemaak wil hê nie) vertel dat hulle deur die Heilige Gees geïnspireer is om die “God is”-projek te begin.

In ‘n pamflet skryf hulle: “Paasfees het vir elke mens ‘n eie persoonlike betekenis, asook die waarheid van Christus wat aan die kruis vir ons gesterf het. Uit God se genade ontvang ons die hoop vir die ewige lewe. “God is” vir party die liefde, ander die hoop, die lig, die lewe, die weg, die waarheid.”

Hierdie projek het ‘n tweevoudige doel.

• Eerstens is dit ‘n gemeenskapsprojek om gesinne by te staan gedurende hierdie tyd van ekonomiese krisisse waar daar grootskaalse afleggings en afdankings plaasvind.

Dit is ook daar om verskeie privaat instansies, wat ‘n heenkome bied vir kinders wat vir die een of ander rede nie in die hoofstroom geakkommodeer kan word nie, finansieël te bemagtig. Dit sluit onder meer Kainos- en Invictus skole in, asook die kinders by me. Elaine Putter.

Hierdie kinders is ook betrokke by die maak van die kruise.

• Tweedens skep dit die geleentheid vir Christene om hul geloof op ‘n tasbare wyse uit te leef tydens hierdie belangrike feestydperk.

Hierdie projek kan op die volgende drie wyses ondersteun word:

• Die dra van ‘n houtkruis borsspeld teen R20 elk (en ja, mans kan dit ook dra!)

• Die vertoon van ‘n plakker met ‘n blou kruis op die voertuig teen R30 elk.

• Die staanmaak van ‘n houtkruis met ‘n blou kleed gedrapeer voor wonings en besighede. Hierdie kruise beloop R150 stuk.

Daar is aan die Observer gemeld dat verskeie hoër en laerskole, asook kerke reeds die projek ondersteun. Groot besighede soos Barloworld Toyota en Auto Pedigree het kruise aangekoop en daag ander besighede uit om dieselfde te doen.

Die kruise is beskikbaar by die volgende instansies: Kainos skool (Gina 082 898 3292), Invictus skool (Charmaine 078 144 6253), Elaine Putter Orthodidaktiese dienste (082 786 0928), Auto Armor (Johan 083 227 0577), Rivierstraat 2 (Anelda 079 509 4044), Socrates Supa Quick (Sanna 013 282 4767), NG Kerk Suid (013 243 3765), Tyremart Middelburg (Hannes 013 243 2468), MP Tyres (Dudley 082 894 9024), Hervormde Kerk (Elsa 013 243 3949).

• Die kruise sal tot ná Pinkstertyd (einde Mei) beskikbaar wees.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Back to top button