Video: Ouers dink kind is in brandende huis
Twee ouers het Woensdag, een van die grootste skokke van hul lewens ondervind toe hul eers moes hoor dat hul huis besig is om af te brand en toe na hul negejarige moes soek.
Na emosies hoog geloop het vir me. Christél Truter en haar man, Morné van Pleinstraat, het hulle hom gelukkig by sy skool, Laerskool Staatspresident C.R. Swart, na bykans 20 minute opgespoor. Hy was besig om rugby te speel. Ook hul hondekind, Shikira was vir ‘n wyle vermis.
Shikira is later onder die wendyhuisie gevind waar sy gaan skuiling soek het.
Die presiese oorsaak van die brand word nog deur die brandweer ondersoek. Daar is eers vermoed dat hul ander seuntjie, Divan (8), met ‘n sigaretaansteker die brand gestig het. Maar Divan was toe die brand ontstaan het saam met sy oupa, André Jacobs, in ‘n woonstel buite die huis waar hy woon. Die tuinjong het mnr. Jacobs in kennis gestel van die brand.
Grootskaalse skade is aan die huis aangerig, insluitend water- en rookskade. Presiese skade moet nog deur die gesin se versekeringsmaatskappy vasgestel word.
ER24 ambulansdiens, die polisie en brandweer is ontbied.


