Raaisel oor tref-en-trap

'n Jong meisie is onder raaiselagtige omstandighede dood, in vermoedelik 'n tref-en-trap ongeluk.

Chantel Venter (27), oorspronklik van Tzaneen, is Vrydag, 24 April, dood in ‘n sloot gekry.

Niemand weet wat presies gebeur het die oomblikke voordat sy dood gekry is nie.

Fanie Venter, Chantel se broer, sê: “Al wat ons weet is dat dit vermoedelik ‘n tref-en-trap was, wat ongeveer drie kilometer buite Marble Hall op die Roedtanpad plaasgevind het.

Volgens die polisie is ‘n voertuig later die Vrydagoggend ongeveer 10km uit Marble Hall op die Roedtanpad gevind.

Nduvheni Edward Cebula (63) is gearresteer deur Marble Hall SAPS op ‘n klag van strafbare manslag.

Volgens Mercia Gouws van Life 24 Ambulansdienste is ‘n man (sy naam onbekend ten tye van druk) om 01:00 in ongeveer dieselfde omgewing as wat Chantel gevind is, langs die pad bygestaan en deur lede van Life 24 na Groblersdal Hospitaal vervoer vir beenbreke en laserasies.

Die liggaam van Chantel is ongeveer 05:00 gevind in ‘n sloot langs die pad en sy is deur Life 24 op die toneel dood verklaar.

Chantel laat haar twee seuntjie agter.

Haar begrafnis was Donderdag, 30 April, in Tzaneen vanuit die Gereformeerde Kerk Laeveld.

Volgens die SAPS het Cebula Saterdag, 25 April, borg van R1 000 ontvang en het hy vir die eerste keer Dinsdag vlugtig in die hof verskyn.

Die saak is teruggetrek tot die uitslae van die nadoodse ondersoek en die bloedalkoholtoetse ontvang is.

•Niemand weet hoe Chantel of die ander beseerde op die toneel gekom het nie.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Back to top button