Opvolg: Familie hoopvol oor Aiden
Aiden Roberts, wat Dinsdagaand in Jakarandastraat in ’n swembad geval het, is steeds in kritieke toestand in die Garden City Johannesburg se hoësorgeenheid.
Middelburg inwoners het hande gevat om Aiden se ouers, Clarise en Andre, te help met die berg mediese rekeninge wat voor hulle lê.
Sakemanne, ’n motorfietsklub en besoekers aan die Midmed Hospitaal het sover die seuntjie se ongevalle rekening sowel as die koste van die helikopter en die deposito by Garden City betaal.
Donderdagoggend het Clarise aan die Middelburg Observer gesê dat Aiden steeds kritiek is maar stabiel. Sy sê dat dokters tevrede is met sy longe en dat daar geen swelling op sy brein is nie.
Hulle het onderneem om hom 72 uur onder verdowing te hou. Sy liggaamstempratuur word baie laag gehou.
Daarna sal dokters hom stadig maar seker uit sy koma lig deur die verdowing te verminder.Verskeie toetse en breinskanderings sal gedoen word om te bepaal of daar enige permanente skade gaan wees.
Intussen bid mense van regoor die wêreld dat Aiden ten volle sal herstel. Fondsinsamelings om die ouers te help met die mediese onkostes, wat honderde duisende rande beloop, is ook in die pyplyn en pamflette is reeds gedruk en versprei.
Indien jy wil bydra kan jy geld in die Aiden Roberts Medical Fund inbetaal by FNB (Eerste Nasionale Bank). Die rekeningnommer is 625 352 610 60.
• Die Independent Online het in 2012 berig oor ’n jong man wat as 18 maande oue baba vir 15 minute onder water was. ’n Dokter in die pediatriese eenheid by Garden City het geweier om moed op te gee en vir ure met die kind gesukkel. Matthew Everett studeer tans lugvaart ingenieurswese in Engeland en het onlangs na Suid-Afrika gereis om Dr Miles Bartlett te kom bedank.
Lees vorige storie hier:
The docter that never gives up
