Update

Opvolg: Aiden haal self asem

Aiden se ma Clarise het net om 01:25 vanoggend laat weet dat dit baie goed met haar seuntjie gaan.

Hy het self begin asemhaal en dokters het beplan om hom Vrydagoggend op ‘n gewone ventilator te sit.

Sy het ook vertel dat hy reageer as sy aan hom vat. En selfs ‘n bietjie beweeg as hy sy ma se aanraking voel.

Daar word beplan om hom Saterdag stadig maar seker uit sy koma te lig.

Talle besighede en individue in Middelburg is besig om fondsinsamelings vir Aiden te beplan.

Die familie versoek dat almal met Natacha Coetzee, wat as die fondsinsamelings koordineerder aangestel is, skakel.

Sy kan bereik word by 071 676 3538.

Lees vorige stories hier:

Opvolg: Familie hoopvol oor Aiden

Die dorp vat hande

Enige iemand wat ’n bydrae wil maak kan geld betaal in die Aiden Roberts Medical Trust, rekeningnommer 625 352 61060 by FNB tjek rekening tak kode: 210408 .

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Back to top button