Update
Opvolg: Scooters pizza saak voorlopig uit hof
Die saak teen vyf jeugdiges wat daarvan aangekla is dat hulle die Scooters Pizza afleweraar, mnr. Robbie Msimango, van vyf pizzas, twee bottels Coke en sy inkomste vir die dag beroof het, is verlede week voorlopig teen die seuns teruggetrek.
Mnr. Msimango is in die aanval omstreeks 22:00 in Helen Josephstraat, ook aangerand en sy bromponie beskadig.
Nietemin is net ’n gewone roofklag teen die mans, Liebman Snoer (19), Jean Snoer (19), Leonard Kruger (19), Jonathan Swart (22 en Jason Gumley (18), aanhangig gemaak.
“Die saak is voorlopig teruggetrek vir verdere ondersoek,” het a/o Lize de Witt Woensdag bevestig.
Sy sê egter die dossier is “oop” en word ondersoek.
Lees vorige berig hier:
Cowardly youngster face full might of the law
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!




