Middelburg my eie…
Inwoners het nog tot Dinsdag 12 Mei 12:00 om vir Middelburg te stem in die KykNet Kwêla Dorp van die Jaar kompetisie.
Middelburg is benoem saam met Dullstroom en Greylingstad, as die drie finaliste in vanjaar se Dorp van die Jaar uitdunne.
Die Kwêla span het reeds na die Kaapse provinsies vertrek om daar die wenners in elke provinsie te gaan kies.
Inwoners van Middelburg het tot vandag 12:00 om te stem vir Middelburg.
Jy kan stem deur Middelburg na 33157 te sms teen R1,50 per sms.
Die dorp is reeds in April benoem en die fone was warm getik om Middelburg onder die top drie te laat eindig.
Wanneer elke streek se wendorp bekend gemaak is, kry kykers die
geleentheid om in die finale rondte vir die Dorp van die Jaar te stem.
Aan die einde van die finale rondte sal die dorp met die meeste stemme as Kwêla se Dorp van die Jaar aangekondig word.
Die sluitingsdatum vir die finale rondte is Dinsdag, 21 Julie 2015, om 12:00.
Die wendorp sal op Kwêla bekend gemaak word op Woensdag 29 Julie 2015.
Gryp daai foon en laat jou vingers werk om vir die res van die land te wys wat ons tuis reeds weet, beter as Middelburg is daar nie!
