Video: Rooi Bulletjie bloedneus geduik

Die HTS Middelburg gelukbringer is Saterdag reg voor die hoofpawiljoen disnis geduik.

Die voorval het die dorp aan die gons gehad met herinneringe aan die Puma gelukbringer wat so erg geduik is dat hy byna verlam is jare gelede.

Daar was vir ’n oomblik na die duikslag ’n kort lont wat gebrand het met gemoedere wat hoog geloop het.

Mnr. Johan Stronkhorst, hoof van Hoërskool Middelburg, het gesê hy sou sy plig versuim het deur nie die HTS Middelburg rooi opdruk brigade terug na hulle pawiljoen te beveel nie. Mnr. Stronkhorst is uitgejou toe hy dit gedoen het.

Volgens mnr. Stronkhorst het die Rooi Bulletjie gelukbringer moeilikheid gesoek.

Hy het na die dag doodsdreigemente gekry en daar is op Facebook gesê “hy en sy dogter moet ge!&* word”.

Hy het gesê die dag was ’n reuse sukses met die hoofwedstryd wat groot vermaak waarde gehad het en al die ander dinge is onnodig.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Back to top button