Video: R190 000 se pype verwoes
Bondels swart rookwolke het Dinsdagmiddag hoog oor die veld agter die FET Kollege gehang, na 34 afvalrioolpype ter waarde van sowat R190 000 tydens 'n veldbrand vlam gevat het.
Hoe en die deur wie die brand gestig is, is ‘n onopgeloste raaisel, maar een van die redes het met rotte te doen.
Die brandweer is omstreeks 15:00 ontbied na die toneel en het gespook om die vlamme onder beheer te bring.
‘n Tweede brandweerwa het opgedaag, maar hy het nie genoeg drukking gehad nie en gesukkel om die water deur die pype te kry.
Die brand is gelukkig ‘n halfuur later geblus.
Dit gebeur dikwels dat velde doelbewus aan die brand gesteek word, om rotte te probeer uitwis, wat binne inwoners in die omgewing se huise gaan nes maak.
Nog ‘n moontlikheid is dat iemand koud gekry en besluit het om vuur te maak en die vlamme nooit geblus is nie.
•Die pype word gebruik vir ‘n afvalriool opgraderingsprojek.
• Toe die vlamme in die rigting van die FET Kollege versprei, het boukontrakteurs van MMJV met hul padskraper sand opgelaai en gehelp om die vuur te blus.
Sien ‘n video van hoe die vlamme geblus word op www.mobserver.co.za.