Nuwe baadjie vir Burger Hut
Burger Hut spog nie net met nuwe eienaars nie, maar ook met ’n splinternuwe baadjie!
Dié bekende restaurant is op 1 Julie vanjaar oorgeneem deur Hendri en Lisinda Grobler.
Hulle het die deure vir twee weke gesluit om noodsaaklike opknappingswerk en verbeterings te doen. Nie net is die klipkuns opgradeer nie, die beligting is ook verander, die restaurant is uitgeverf én spog met nuwe naamborde.
Kelners dra netjiese uniforms en geen wangedrag in die restaurant word geduld nie.
Die Grobler-egpaar sê dit alles is gedoen om Burger Hut se naam as familierestaurant in ere te herstel.
Hul bestaande spyskaart is uitgebrei en ou, tradisionele geregte, “soos die Burger Hut Mixed Grill wat my ouers vroeër jare by Burger Hut geëet het,” is weer teruggebring. Ligte middagetes vir vroue is ook bygevoeg en hul volledige ontbyt kan beslis aanbeveel word. Die nuwe spyskaart sal op 15 September amptelik in gebruik geneem word.
Die nuwe koffiemasjien sal verder sorg vir unieke, geurige koppies koffie.
Op aandrang van hul gereelde kliënte, sal daar nou voortaan gaskunstenaars wees wat kom optree. Chrizaan sal te sien wees op 16 Oktober.
En wat is nou lekkerder as om aan ’n groot stuk biefstuk te smul, terwyl jy na die wêreldbeker op die grootskerm kyk! Rugby-entoesiaste word genooi om in dié tyd by Burger Hut te gaan kuier.
Die Groblers en hul span sê hulle staan ook gereed om enige funksies te hanteer, soos kombuistee’s, troues en jaareindfunksies.
Hul A La Carte wegneem vingerhappieborde (platters) is nog steeds so gewild soos altyd.
Vir enige navrae en besprekings, bel 013 282 5891.
