Foto-uitstalling gaan lief en leed uitbeeld
Swart en wit, hartseer en vreugde, lag en ’n traan. Vanaf 26 Oktober tot 1 November kry inwoners ’n blik op 40 jaar van joernalistiek wanneer Tobie van den Bergh sy fotografie uitstalling in die Spar gedeelte van die Middelburg Mall hou.

Die uitstalling is om sy loopbaan vanaf 3 Desember 1975 te vier.
Die uitstalling gaan daagliks te sien wees met Mall besigheidsure.
Goeie nuus is dat besoekers aan die uitstalling ’n R1 000 Spar koopbewys kan wen.
Al wat Spar kliënte moet doen is om hulle koopstrokie in ’n houer te gooi, wat by die uitstalling beskikbaar sal wees, met hulle naam en telefoonnommer op. Aan die einde van die uitstalling sal die wenner getrek word.
Dat die uitstalling vir nostalgie gaan sorg is verseker. Daar gaan vele foto’s van inwoners wees wat laerskooltyd geneem is en wat later na die dorp teruggkeer het as werkende volwassenes.
Die onstuimige politieke tydperk van die tagtigerjare gaan ook uitgebeeld word.
