Kompetisie Tyd – Yeppa, Yeppa, Yeppa – BZN kom sing!
Die immergewilde BZN sal eersdaags deur Suid-Afrika toer en optredes van George tot Nelspruit hou.
www.mobserver.co.za lesers word die kans gebied om die vertoning op 4 November in Pretoria by te woon.
Drie lesers staan ’n kans om kaartjies te wen in ’n gelukkige trekking, deur die woord BZN te SMS na 37940 (Sms kos R1,50).
• Een leser sal ’n BBP-pakket wen, wat twee konsertkaartjies, ’n getekende album en ’n persoonlike ontmoeting met BZN ontvang.
• Een leser sal twee konsertkaartjies en ’n getekende album ontvang.
• Nog ’n gelukkige leser sal twee konsertkaartjies ontvang.
BZN sal altesaam 11 optredes hou, wat op 24 Oktober afskop.
Kaartjies vir die ander vertonings kan by Computicket geboek word. Diegene wat die Pretoria vertoning wil bywoon kan ook kaartjies bekom deur iTickets en Groot Tickets.
Hulle sal op 6 November ook in Nelspruit optree. En op 7 en 8 November, sal hulle die verhoog bestyg by Carnival City.
Die sluitingsdatum vir die gelukkige trekking is 22 Oktober, en wenners sal op 23 Oktober in kennis gestel word.
