Kids

KYK: Graad een Koedoekoppie ‘voel die matrieks se pyn’ met die eksamens

’n Graad een leerling ‘verstaan’ die stres waardeer matrieks nou gaan, want hyself werk baie, baie hard!

Die matrieks wat tans eksamen skryf, is byna net so erg as om in graad een te wees!

Laerskool Middelburg se Jan Louis Venter vertel op video dat hy ‘die matrieks se pyn voel’.

Hy glo hulle moet baie hard werk tans om alles te onthou, maar hy wil beslis ook ’n tikkie simpatie hê vir hom en al die ander graad een’s wat só baie somme moet doen én boonop ’n klomp sinne moet skryf!

Hierdie video wat geneem is van die skattige Jan Louis Venter raak aan almal se harte en ons publiseer dit graag, met toestemming van die skool.

@middelburgobserver

Koedoekop Jan Louis Venter ‘voel die matrieks se pyn’ nou in eksamentyd! Dié leerling van Laerskool Middelburg wys hoe hard werk hy elke dag by die skool en hy hoop die matrieks het so ’n bietjie simpatie met hom ook as hy so baie sinne skryf én wiskunde doen! (Video met toestemming van Laerskool Middelburg).

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

 

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button