Borgaansoek in vetkoek onderonsie aan die gang in Groblersdal
Corrie Pretorius wat gearresteer is na ’n onderonsie met ’n tiener by Fat Cake City in Groblersdal, se borgaansoek is vandag hervat.
Corrie Pretorius, ’n pa van vier, is in aanhouding is sedert sy arrestasie op 16 Junie na ’n voorval tussen hom en ’n tiener in Groblersdal. Sy regsverteenwoordiger, advokaat JJ Venter, is tans besig met ’n aansoek voor die hof om die aanvanklike ondesoek te heropen. Die aansoek volg nadat daar glo nuwe inligting na vore gekom het.
Die aansoek word gebring op grond van ’n ooggetuie se verklaring wat laat gister onder Venter se aandag gekom het.
Volgens hom sal die verklaring, indien dit deur die hof aanvaar word, ’n duidelike prentjie van die aand se gebeure by die vertkoekwinkel skets.
Pretorius doen aansoek om borg op klagtes van aanranding met die opset om ernstig te beseer en die rig van ’n vuurwapen.
Venter voer aan dat die staat bloot staatmaak op die ondersoekbeampte se weergawe van gebeure.
Volgens Venter is daar gronde om sersant Japie Skhosana se getuienis deur die hof te verwerp, omdat hy ‘nie prosedures gevolg het tydens die ondersoek nie’. Hy voer aan dat Skhosana ‘nalatig’ was.
Volgens Venter sal die nuwe getuienisverklaring gebeure op die sowat 10 minute, wat die wydverspreide video van die onderonsie met die tiener voorafgegaan het, in konteks stel.
Die nuwe stel feite is glo in Pretorius se belang in die regverdige toestaan van borg.
Venter argumenteer dat borgtog vir Pretorius nie die vervolging van Pretorius sal beïnvloed nie, maar wel ’n impak op sy konsitutionele reg tot Vryheid hê.
Aanklaer Billy Mudhavi is intussen stilgemaak deur landdros Nancy Mathavha, toe hy teen Venter se aansoek kapsie gemaak het.
Volgens Venter het hy reeds vir Mudhavi in kennis gestel van sy voorneme om die ondersoek vandag amptelik te heropen.
Die borgaansoek duur voort.
Read original story on mobserver.co.za