Middelburg-man in hospitaal na sy pitbull hom aanval

'n Troeteldier wat dikwels 'die mens se beste vriend' genoem word, het skynbaar mal geword, sy hondemaat verskeur en sy eienaar aangeval.

Dokters probeer steeds om ’n man se hande te red wat Sondag deur sy eie pitbull-hond by sy huis in Middelburg aangeval is.

Hein Janse van Rensburg (33) het gister sy eerste operasie in die Life Midmed Hospitaal ondergaan, maar die bytwonde aan sy linkerhand is só erg dat hy Vrydag moet terug teater toe.

Rocky die pitbull-hond, wat altyd saam met die kinders in hulle kamer geslaap het, het – volgens die familie – Sondag skielik beserk geraak en aggressief geraak teenoor Hein se vrou, Zania.

Hein het gekeer met ’n sitkamertafel en die hond is na buite, waar Rocky egter sy hondemaatjie buite uitmekaar geskeur het.

Na ’n ruk het hy kalm gelyk en is Hein na buite, maar Rocky het hom omgespring en direk gegaan vir sy gesig en keel.

Hein het glo met sy hande gekeer en Rocky het dit geweldig verskeur.

Twee mans wat daar aangekom het, het uit hulle karre gespring en die hond van agter af gewurg tot hy in ’n beswyming gegaan het.

Omdat Hein nie tot ’n mediese fonds behoort nie, is hy na ’n apteek wat die wonde verbind en hom ’n klem-in-die-kaak inspuiting gegee het.

Zania Janse van Rensburg gee haar man, Hein, ’n bemoedigende drukkie.

Teen Maandag het die wonde steeds erg gebloei en het ’n spesialis gesê hy moet dadelik geopereer word.

Middelburg Observer het vandag vir Hein in die hospitaal besoek en alhoewel hy saam met sy familie bekommerd is oor die ernstige skade aan sy linkerhand, sê Hein dat hy beslis beter begin voel.

Maandag was hy in erge pyn voordat hy ’n spesialis gaan sien het. Die trauma was ook duidelik by hom te bespeur.

Die regterhand het aanvanklik baie erger gelyk as die linkerhand en sy vrou verduidelik: “Die dokter het in teater die regterhand skoongemaak en alles geheg. Toe hy egter besig is met die linkerhand, het hy gevind dat daar reeds infeksie ingetree het. Hy moet Vrydag weer terug teater toe vir die linkerhand.”

  • Buiten die hospitaalbehandeling en operasies, sal sy nasorg ook duisende rande beloop.
  • Hein is die eienaar van insleepdienste en het tans geen inkomste terwyl hy mediese behandeling ontvang nie.
  • Die familie bedank almal wat tot op hede bydraes gelewer het. Persone wat hulle nog wil ondersteun, kan Zania bel op 079 183 1059.

Read original story on www.citizen.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.
Back to top button