Video: Orcas maak amok onder witdoodshaaie naby Mosselbaai

’n Video van die twee moordwalvisse wat ‘n haai jag het vir hulle internasionale bekendheid verwerf toe dit op die Discovery kanaal gewys is.

Twee moordwalvisse se voorliefde vir haai-lewer het marine-bioloë vir ’n wyle laat kop krap toe daar in 2017 skielik sewe witdoodshaai karkasse op strande naby Gansbaai uitgespoel het. Navorsing het egter gewys dat die haaie deur dieselfde twee orcas doodgebyt is. Nadat die visse vir ’n wyle weg was, is hulle sedert Sondag weer gesien en hulle het hul terugkeer aangekondig met ’n haai-karkas wat gister uitgespoel het.

Die berugte ‘moordwalvis-bende’ wat Starboard en Port gedoop is omdat die een se dorsale vin na links hang en die ander een na regs, is sedert Sondagmiddag in die Mosselbaai omgewing opgemerk.

Starboard en Port is bekend daarvoor dat hulle naby die kuslyn jag en daar is waargeneem hoe die visse ‘n witdoodshaai jag.

Walviskykers het die moordwalvisse naby Rob-eiland gesien. Christiaan Stopforth van Drone Fanatics, het hulle vandaf ’n boot afgeneem en daar kon gesien word hoe hulle jag maak op ‘n witdoodshaai van ’n geskatte 2.5 meter.

Daar het gister ‘n witdoodshaai-karkas van 2.9 meter op die strand naby die Hartenbos-riviermond uitgespoel. Marine-bioloog en direkteur van die Haai-Navorsingsinstituut in Mosselbaai, Nico Booyens, sê egter dat hulle deur vin-identifikasie kon bepaal dat dit nie dieselfde haai is wat deur Stopforth op kamera vasgevang is nie.

Die karkas wat gister gevind is, gaan binnekort deur die Department van Visserye en Bosbou gedissekteer word om die presiese oorsaak van dood vas te stel.

Booyens sê dat die Orcas wat haaie aanval ‘n natuurlike verskynsel is, maar dat die verlies van die bedreigde groot witdoodshaaie, kommerwekkend is.

Volgens hom het die witdoodshaaie wat gewoonlik in die area is, reeds uit die gebied beweeg.

Starboard en Port is ook nie weer gesien nie, maar dit kan aan die stormagtige see toegeskryf word.

 

Read original story on www.mosselbayadvertiser.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button