Lid van weermag binnekort in hof ná wilde skietery

'n Weermaglid van 'n basis in Bloemfontein het glo agt mense geskiet in 'n Manyatseng-kroeg en doen eersdaags aansoek om borg.

’n Soldaat van die Tempe-militêre basis in Bloemfontein verskyn 9 April in die landdroshof in Ladybrand vir ’n formele borgtogaansoek. Dit volg nadat hy na bewering in ’n kroeg losgebrand en agt mense geskiet het.

Die lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag was in ’n rusie betrokke met iemand in die kuierplek in Manyatseng naby Ladybrand en het daarna na sy woonplek in die township gegaan om sy eie pistool te gaan haal. Hy het teruggekeer en na bewering net begin skiet.

Peter Kareli, die Vrystaatse polisiewoordvoerder, sê die 36-jarige verdagte is by sy ouerhuis in Manyatseng in hegtenis geneem. Hy staan tereg op agt aanklagte van poging tot moord. Die polisie het beslag gelê op die vuurwapen.

Majoor Klassen van Tempe het bevestig die man is ’n lid van 1 Suid-Afrikaanse Infanteriebataljon Bloemfontein. Hy sê die weermag kan in hierdie stadium nie kommentaar lewer oor die voorval nie. Die ondersoek duur voort.

Lees die oorspronklike berig op OFM Nuus.

Read original story on www.bloemfonteincourant.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.
Back to top button