Karooseun se Dakardroom word waar

Willem Avenant neem regoor die VSA aan motorfietswedrenne deel ter voorbereiding van die Dakar.

Willem Avenant (39) van Murraysburg se kindsbeendroom om aan die Dakar-tydren in Saoedi-Arabië deel te neem gaan binnekort waar word, nadat hy en vier ander Suid-Afrikaners gekies om op 17 Januarie aan dié tydren deel te neem.

Avenant is op Murraysburg gebore en het op Victoria-Wes skoolgegaan.

Hy het hom intussen in New Hampshire in die VSA gevestig waar hy, sy vrou en dogter woon.

“Ek kom ten minste eenkeer per jaar huis toe om te oefen op my motorfiets en die winterklimaat in die Karoo is perfek daarvoor,” sê hy.

Avenant neem regoor die VSA aan motorfietsrenne deel ter voorbereiding van die Dakar.
Hy was ook onlangs in Namibië om op die duine te oefen.

Sowat 113 deelnemers neem volgende jaar aan die Dakar deel. Avenant is nou besig met die finale voorbereiding en konsentreer op liggaamlike oefening, voedselvoorbereiding en hidrasie.

Dis kos ongeveer US$100 000 (byna R1,8 miljoen) om deel te neem en Avenant is hard besig met fondsinsameling.

Read original story on www.graaffreinetadvertiser.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Network News in Google News and Top Stories.

Jana Boshoff

Jana works as a senior support specialist for Caxton digital. Before that she was a journalist at the Middelburg Observer 15 years where she won numerous awards including Sanlam's Up and Coming Journalist, Caxton Multimedia Journalist of the Year, and several investigative awards. She is passionate about people and the stories untold.
Back to top button